Ovido
Language
  • English
  • Spanish
  • French
  • Portuguese
  • German
  • Italian
  • Dutch
  • Swedish
Text
  • Uppercase

User

  • Log in
  • Create account
  • Upgrade to Premium
Ovido
  • Home
  • Log in
  • Create account

Finansies

Wat kry ons alles in 'n betaal strokie?

*die winkel se naam
*die winkel se adres

*die winkel se BTW-nommer

*die woorde "Belastingfaktuur/Tax Invoice"

*die faktuurnommer

*die datum en tyd van transaksie

*'n beskrywing van die items of dienste wat gekoop is

*die BTW-bedrag gehef (15%) die totale bedrag betaalbaar.

Wat is Enkelvoudige rente

Enkelvoudige rente word bereken op die oorspronklike bedrag en betaling daarvan is elke maand dieselfde bedrag tot die lening terugbetaal is.

Wat beteken Rentekoers en rente?

Rentekoers: 'n Persentasie heffing op die leen of uitleen van 'n gegewe bedrag geld oor 'n bepaalde tydperk..

Rente: Die bedrag geld wat jy aan die uitlener, bv. die bank, moet betaal om die geld te leen oor 'n tydperk

Hoe beteken ons rentebedrae en rentekoerse?

As ons weet wat die rentekoers is, kan ons die rentewaarde maklik bereken. Byvoorbeeld, 10% rente op R3 500 R3 500 x 10% R350. Dus, die rentebedrag is R350 en die totale bedrag is R3 500+ R350-R3 850

Noem 3 maniere waarop jy Data kan versamel:

*Waarneming: Met hierdie metode word data versamel deur waarneming en rekordhouding van die resultate. Die voordeel van hierdie metode is dat interaksie met mense nie nodig is om reaksie te verkry nie.
*Vraelys: Dit is 'n lys vrae wat gebruik word om data van respondente in te samel. Deelnemers het nie nodig om hulle te identifiseer nie. Die voordeel om hierdie metode te gebruik, is dat inligting direk van die deelnemers verkry word.

*Onderhoud: Die onderhoudvoerder vra die ondervraagde vrae en teken die reaksie aan. Die voordeel van hierdie metode is dat die onderhoudvoerder verdere vrae kan vra as die reaksie vaag is.

Verduidelik hoe 'n mens die gemiddeld kry:

Dit is ook bekend as die deursnee. Dit word bereken deur al die waardes bymekaar te tel en dit te deel deur die aantal waardes in die stel.

Hoe werk ons die Mediaan uit?

Die mediaan is die middelste syfer in die datastel. Die mediaan word bepaal deur al die syfers van die kleinste tot die grootste in die datastel neer te skryf en die syfer in die middel is die mediaan. As daar meer as een syfer in die middel is (bv. as die datastel 'n ewe aantal datawaardes bevat), tel dan die twee syfers in die middel bymekaar en deel deur 2.

Hoe kry ons die modus in 'n datastel?

Die modus is die datawaarde wat die meeste in 'n datastel voorkom. Geen berekening is nodig om die modus te bepaal nie. Jy vind net die waarde wat die meeste voorkom. As geen waarde meer kere as die ander waardes. voorkom nie, is daar nie 'n modus nie.

Hoe werk ons die omvang uit?

Omvang: hoogste datawaarde - laagste datawaarde.
'n Klein omvang dui aan dat die waardes nader aan die mediaan gegroepeer is, terwyl 'n groter omvang aandui dat die waardes meer uitgesprei is.

Wat is kwartiele?

Dit is die verdeling van data in vier gelyke dele. Die data word verdeel in vier dele van 25% elk.

Kwartiele word bepaal deur eers die inligting in 2 gelyke dele te verdeel om die mediaan te bepaal (Q), verdeel dan die onderste helfte in 2 gelyke dele, sodat die mediaan van die eerste helfte die laer kwartiel (Q1) is. Verdeel dan die boonste helfte in 2 gelyke dele, sodat die mediaan van die tweede helfte die boonste kwartiel (Q) is.

Verduidelik Interkwartielomvang:

Dit is die verskil tussen die boonste kwartiel en die onderste kwartiel.
Dit dui die spreiding tussen die onderste deel van die data en die boonste deel van die data aan.

Waarskynlikheid help ons om inligting uit vele werklike lewensituasies te interpreteer (uit te werk), soos:

*risiko-analise in besigheid
*uitwerk van alle moontlike kombinasies van items

*kansspeletjies, soos kaarte, dobbelsteen en dobbel

*weervoorspellings

*risiko van bosbrande en weerlig advertering.

BTW-ingesluit en BTW-uitgesluit berekening:

*BTW-ingesluit: dit beteken dat 15% BTW reeds by die die prys ingesluit is
*BTW-uitgesluite prys + BTW-bedrag

(115%) = die prys met BTW ingesluit

verduidelik wat Inkomstebelasting is:

Dis die geld wat jy uit jou inkomste aan die regering oorbetaal vir dinge soos paaie, skole en hospitale.

Quiz
Finanzas
Enzimas II
TEMA 5 - MALI
natur
TEMA 3 - MALI
Tema 28: Semiología renal
El reinado de Carlos IV. La guerra de la independencia
Geografi åk 8 - Klimat och vegetation
Guia 9
Chapter 5
Atom & Kärnfysik C-frågor
Atom & Kärnfysil E-frågor
vocabulario 6
miljö juridik
DCC
TEMA 2 - MALI
Biología
Macbeth
NSAIDs
Questionario Mobile learning
Hamlet
Norco
Glaucoma
revision
Osteoporosis
The love letter
MIX 1
A Wild cat for a wife
Filosofi begrepp
Alimentación Adulto
PMS
Muscle Relaxant
esapideak
esapideak
Tema 27: Hemostasia
Data Cloud Consultant
Tema 26: Serie blanca
Tema 25: Síndrome anémico y síndrome policitémico
INGLES UPQ
Eurobacteria and Archaebacteria
Tema 24: Examen físico y técnicas de patología abdominal
njurarna
Adm de la producción y logística - Producción tema 6 y 7
Dynamite the energy in bonds
Adm de la producción y logística - Producción tema 4,5
FISIOLOGIA endocrina
FISIOLOGIA renal
Colours
historia
Apparato digerente