Afr gr 4
Wat is Werkwoorde?
Werkwoorde dui 'n aksie aan in 'n sin. Dit is die doenwoorde. 'n Sin is nie volledig sonder 'n werkwoord nie.
Selfstandige naamwoorde is wat?
Iets wat 'n meervouds vorm, verkeinings vorm kry, iets wat jy kan sien en aan kan vat.
Wat is 'n eienaam?
EIENAAME is:
Narme van diere, stede, lande, winkels. Altyd met hoofletter geskryf.
Haal die Selfstandige naamwoord uit die sin: Die kind eet 'n roomys.
Kind, roomys.
Haal die selfdtandige naamwoord uit die sin: Die seun lees 'n boek.
Seun, boek
Byvoeglike Naamwoorde doen wat?
Dit vertel meer van die selfstandige naamwoord.
Haal die byvoeglike naamwoorde uit die sin: Die klein hondjie eet 'n groot been.
Klein, groot
By Bywoorde vra jy watse vrae om die bywoord te kry?
Waar?, wanneer?, hoe?
Sinonieme is wat?
Dis woorde wat min of meer dieselfde betekenis het:
meisie - dogter
storie - verhaal
siek - olik
baie - klomp
pragtig - mooi
Antonieme is wat?
Dis woorde wat teenoorgestelde betekenis het bv:
krom - reguit
vriend - vyand
netjies - slordig
mooi - lelik
Wat is telwoorde?
Telwoorde het te doen met GETALLE
Haal die telword uit die sin: Daar is vier lemoene aan die boom.
Vier
Haal die telwoord uit die sin: Sy is haar ouers se tweede kind
Tweede
Wat is die intensiewe vorm?
Dit word gebruik om te sê iets is BAIE soos wat ons bedoel bv: baie rooi is bloedrooi.
Wat is die intensiewe vorm van glad?
Seepglad
Wat is Samestellings?
Samestellings:
Twee of meer stamme word verbind om 'n nuwe woord te vorm.
Maak in samestelling met: Tafel+doek
Tafeldoek
Maak 'n samestelling met: Slaap+kamer
Slaapkamer
Haal die samestelling uit die sin uit:Die seuns speel met die rugbybal buite.
Rugbybal
Maak 'n nuwe woord met "span" deur die voorvoegsels "ont" aan te las:
Ontspan
Maak 'n nuwe woord met "loer" deur die voorvoegsels "af" aan te las:
Afloer
Maak 'n nuwe woord met "klip" deur die agtervoegsels "erig" aan te las:
Kliperig
Maak 'n nuwe woord met "moed" deur die agtervoegsels "loos" aan te las:
(as die woord nie reg klink nie sit 'n "e" tussen die woorde)
Moedeloos