In die roman, onderwêreld, het die Titel verskeie verwysings moontlikhede.
Dit kan verwys na:
*Die onderwêreld van Kuberkrakery, onwettige bedrywighede soos Korrupsie,die Wêreld Van Die Volwassewordende Tiener in 'n streng skool vol reëls en Geldmag en vrees vir die onbekendheid en finaliteit van die dood.
Die titel onderwêreld het twee betekenis moontlikhede:
Die romantitel skep 'n verwagting by die leser dat hy/sy kennis gaan
maak met 'n Buitengewone Wêreld. Dit verwys ook na 'n Onderwêreld Van Donker Geheime en spanning.
Lawson Kollege,die skoolsaal, klaskamers, gedenkmuseum, die skoolhoof se kantoor en selfs tot binne in die privaat ruimtes van koshuiskamers is die Ruimtes.
Die agtergrond waarteen die roman se storie vertel word, is dié van rykmanskole wat onderrig bied vir die kinders van ouers wat baie geld het.
In die roman onderwêreld onderskei ons tussen verteltyd en vertelde tyd..
Verteltyd is die aantal bladsye waaruit die boek bestaan.
Vertelde tyd is die tydperk wat dit die verhaal neem om af te speel. In onderwéreld is dit,omtrent 8 dae (Donderdagoggend tot die daaropvolgende Vrydagaand).
GREG OWEN (G-4ce)
Greg is die Protagonis in hierdie verhaal. Dit beteken dat hy die sentrale karakter is wie se karakter eienskappe deur die verloop van die verhaal verander.
Wat weet ons alles van Greg?
*Hy is 'n matriekleerder en die hoofseun aan Lawson Kollege.
*Greg is aan die begin 'n leier met sterk leierseienskappe, maar hoe meer hy belangstelling in kuberkrakery vertoon, raak sy taak as leier vir hom al hoe minder belangrik. Kwanele moet in Greg se plek toesig hou by die kerkdiens terwyl Greg besig is met kuberkrakery.
*Hy is 'n sportman wat veral lief is vir rugby speel. Hy speel vleuel vir die eerste rugbyspan.
*Greg is slim en vaar aanvanklik akademies goed. Sy pa verwag aan die einde van die jaar 9 onderskeidings van hom en plaas druk op Greg.
As 'n mens Greg se karakterontwikkeling deur die verloop van die verhaal fyn dophou, dan is die volgende feite belangrik:
*Greg is aanvanklik 'n gewilde leier met wie almal geselsies aanknoop. Later verloor hy die ander leerders se respek en word 'n "loser" genoem deur een van hulle.
*Hy besef self ook dat hy nie 'n leier is nie omdat hy al hoe minder volgelinge het.
*Greg gee aanvanklik voor dat hy selfversekerd is, al het hy 'n knou weg na sy broer se selfdood.
*Hy twyfel eintlik baie in homself.
*Die kuberkraker-lesse gee hom valse, rebelse selfvertroue.
*Hy rebelleer teen sy pa se gesag en ook teen die skool se tradisionele skoolreëls.
Eckardt is die ander belangrike hoofkarakter in hierdie roman. Aangesien hy die karakter is wat deur die verloop van die verhaal konflik by Greg veroorsaak, is hy die antagonis (skurk).
*Eckardt se geheimsinnigheid word versterk deur die feit dat hy duidelik 'n buitestander van sy graad 12-groep is.
*Eckardt kry as graad 12-leerder onwettig toelating tot Lawson Kollege (hy skep 'n onwettige profiel op die skool se rekenaarsisteem.
*Hy gee voor om Greg se vriend te wees om hom later onder die bus te gooi, so dat hy self sy pa se skandes in die lig bring.
'n Buitestanderkarakter vertoon die volgende eienskappe:
'n Buitestander staan buite die groep. Eckardt volg sy eie kop en wil nie regtig deel wees van die aktiwiteite waaraan sy Graad 12-maats deelneem nie. Daarom wil hy nie soos die ander rugby speel nie. Hy verkies om 'n alleenloper te wees.
'n Buitestander lyk en dink anders as die res van 'n spesifieke groep. Hy wil nie deel van 'n groep wees nie. Eckardt lees byvoorbeeld ander boekke as die res van die Graad 12's en tydens die koshuisbraai sit hy alleen en eenkant.
Karakters word buitestanders as gevolg van verskillende redes waarvan pynlike/hartseer/ moeilike omstandighede hulle dwing om hulleself eenkant te hou. In Eckardt se geval het die dinge wat met sy gesin gebeur het, veroorsaak dat hy besluit het om homself eenkant te hou.
Hy is ′n harde man – nie net in sy eie besigheid nie, maar
ook in sy eie gesin. Dit is die geweldige druk wat hy op John geplaas
het, wat tot John se selfdood gelei het. John se selfdood maak nie
van Greg se pa ′n sagter mens nie; inteendeel dit verhard hom meer
en hy plaas nog meer druk op Greg. Hy is ′n afwesige eggenoot wat
nooit met sy vrou kommunikeer nie. Hy is die Candlestick-maker
(mediamagnaat) in Project Nursery Rhyme.
Dit is ‘n hoogs vertroulike
en onwettige projek met
drie
sakevennote in die
farmaseutiese
maatskappy
PlusUltraMed. Hulle
skuilname is die Butcher,
die Baker en die
Candlestick-maker wat
saamsweer om die
wêreld op hulle knieë te
dwing deur middel van ’n
hoogs aansteeklike vorm
van ‘n nuwe H5NI-
voëlgriepvirus wat hulle
wil kweek. Hulle
farmaseutiese
maatskappy is die
enigste maatskappy wat
’n teenmiddel vir die
voëlgriepvirus het en
hulle gaan hulle dus
daardeur verryk. Greg
vind uit sy pa is die
Candlestick-maker in
hierdie sameswering.
Rina Owen lewe onder die skadu van haar seun, John, se selfdood. Sy
weet dat haar man ′n groot aandeel het aan John se dood, maar sy is
nie by magte om hom te verlaat of Greg regtig teen hom te beskerm nie. Sy probeer Greg gelukkig hou deur hom te oorlaai met geld en klein
goedjies vir hom te doen soos om sy tasse by die koshuis uit te pak.Sy het niemand met wie sy regtig kan praat nie. Sy konfronteer
nie maklik haar man nie, maar sal eerder opstaan en die vertrek verlaat
soos toe Greg se Pa sy verwagtinge van die matriekjaar gee en van John
praat. Sy voel nie dat sy die reg het om te lag en gelukkig te wees nie –
sy het niks gedoen om John te help nie
Hy is eintlik ′n “spookkarakter” omdat hy nooit self in die verhaal optree
nie. Alhoewel John dood is, word sy invloed op Greg ′n belangrike aspek
in die roman. John was Greg se beste vriend en held. Hy was ook ′n
hoofseun en sportheld van Lawson Kollege. Behalwe rugby en krieket, het
hy ook adrenaliensportsoorte soos witwaterroei en rotsklim beoefen.
Sy is pragtig met blonde hare, ’n fyn neusie, mooi lippe en blou oë
waarmee sy flirt, maar kom oppervlakkig voor. Die leser wonder of
haar verhouding met Greg werklik oor Greg as mens gaan of oor sy geld
en posisie as hoofseun. Daar is nie veel sprake van ′n emosionele
verhouding tussen haar en Greg nie, maar wel ′n fisieke (seksuele) een.
Hy is nie net die hoof van Lawson Kollege nie, maar is ook ′n sakeman
met uitgebreide sakebelange. Hy kondig dan ook in die begin van die
skooljaar aan dat hy nie voltyds by die skool gaan wees nie, want hy moet
na sy sakebelange omsien en dat dit sy laaste jaar by die skool gaan wees.
Hy is ′n baie streng skoolhoof wat sy wil op almal afdruk en hy stel die
naam van sy skool te alle tye voorop. Dit is die rede waarom hy probeer
om Eckardt se verdwyning toe te smeer en hy duld glad nie Greg se
inmening in hierdie saak nie.
Sy regte naam is Thomas Jean Lawson. Hy is die kleinseun van die stigter van Lawson Kollege – Thomas Lawson. Hy en Greg is baie goeie vriende en speel
gereeld saam skaak. Hy is netjies en voorbeeldig en volg die skoolreëls getrou. Hy is ′n ywerige skaakspeler en sien ook hulle skoolopleiding as ′n
skaakspel: hulle is slegs pionne wat maklik vervang kan word. Hy is egter die een wat Greg indirek help toe hy nuus oor die voëlgriep bring.
Sy regte naam is Mark Gibbons. Hy speel slot vir die eersterugbyspan. Hy is ′n bietjie van ′n buitestander. Verder is hy hoogs intelligent, maar so te sê altyd onder die invloed van dagga.
Randkarakters word ook
bykarakters genoem. Hulle
ondersteun gewoonlik die
hoofkarakter in sy
ontwikkeling en is dikwels
ook in ‘n mindere mate
betrokke by die
konflik/botsing in ‘n verhaal.
Hulle kan ook soms
versoening tussen karakters
bewerkstellig.
• dit skep spanning
• dit help die
gebeure ontwikkel
• dit bied die
karakters die
geleentheid om te
ontwikkel.
Uiterlike konflik behels dikwels ′n fisiese bakleiery, maar dit kan ook
voorkom as karakters argumenteer of nie oor die weg kom nie.bv:
*Die bakleiery tussen Greg en Eckardt in Clarens.
* Greg argumenteer met Dok Pienaar oor Eckardt se verdwyning.
*Greg argumenteer met sy pa oor sy hoë verwagtinge van hom.
*Greg en Kwanele kom nie goed oor die weg nie.
Innerlike konflik
is ′n karakter se innerlike botsing van emosies en begeertes bv:
*Die druk wat Greg se pa op hom plaas om te presteer.
*Greg ervaar diep emosies oor sy broer se selfdood.
*Hy voel skuldig teenoor sy ma en Nicole omdat hy hulle afskeep.
*Hy voel ook skuldig oor sy toenemende kuberkrakery, die leuens
wat hy vertel, die skynlewe wat hy leef en sy gebrek aan
belangstelling in skoolaktiwiteite.
*Eckardt verloor sy onskuld as 11-jarige wanneer hy op sy pa afkom
waar hy wil selfdood pleeg.
*Greg verloor sy geliefde broer na wie hy opgesien het as held.
*Greg vind ook uit hoe dit voel om respek te verloor wanneer hy nie
meer as ’n leier gesien word nie, maar as ’n verloorder.
*Greg se ma ervaar die verlies van ’n kind en leef met die vrees dat sy
nog ’n kind kan verloor as haar man se druk op hom toeneem.
*Eckardt bied vir Greg ′n bier aan en hy aanvaar dit, maar hy is die
hoofseun en dit is teen die skoolreëls.
*Eckardt is ′n nuweling by die skool, maar word Greg se mentor, hy is die
gids wat hom die onderwêreld van kuberkrakery binnelei.
*Dit is ironies dat die drie sakemanne, Dr. Pienaar, meneer Owen en die
doktor, ′n kleuterrympie gebruik as kode vir hulle bose projek. ′n Mens
assosieer ′n kleuterrympie met onskuld, maar hierdie projek het die
potensiaal om baie lewens te eis.
*′n Ryk vrou is baie gelukkig. Greg se ma is die mediamagnaat se vrou,
maar sielsongelukkig omdat sy eensaam is. Greg se ma het hom by die
koshuis afgelaai die dag voordat die skool begin het, hom help uitpak en
teruggery Johannesburg toe waar sy alleen gaan wees.
* ′n Vrou moet onderdanig wees aan haar man. Die stereotipe word
duidelik in die verhouding tussen Greg se pa en sy ma.