Die hoofkarakter van die drama.
• Ongeveerd 46 jaar oud.
• Getroud met Katinka.
• Pa van Zenobia.
• Werk vir die staat.
• Word aanvanklik as ‘n jansalie, ‘n materialis en
‘n oppertunis sien.
• Hy wed op perde.
• Hy hoop om vinnig geld te maak omdat dit
finansieel nie goed gaan nie.
• Aan die einde is sy gesin belangriker as geld.
Newekarakter
• Ongeveerd 44 jaar oud.
• Herman se vrou,
• Sy is onvergenoegd, maar is tog spaarsamig.
• Sy is verontwaardig oor Herman se weddery en
maak self vir Zenobia ‘n rok vir haar jaareindfunksie.
• Katinka reageer onaangeraak op oom Josef se
dood.
• Sy erken hulle het nie gereeld vir oom Josef gaan
kuier nie, al was hulle sy enigste oorblywende
familielede.
• Sy is nie `n baie goeie bakster nie.
• Aan die einde is haar gesin vir haar baie belangriker
as geld.
Newekarakter
• Ongeveerd 22 jaar oud.
• Sy is parmantig
• Openbaar gevoelloosheid oor oom Josef se
dood omdat hy “stokoud” was.
• Sy is materialisties en wonder of hulle van
oom Josef gaan erf.
• Sy reageer geskok en neerhalend omdat sy
oom Josef se 1945 Willis-bakkie, Fielies, geërf
het.
• Sy besef geld is nie alles nie.
Ongeveer 35 jaar oud.
• Saaklik
• Hy is oom Josef se prokereur.
• Zenobia sê hy dink hy is vreeslik
aantreklik en dat elke vrou vir wie
hy glimlag op hom verlief raak.
ʼn Multi-miljoenêr
• Hy is aan ʼn hartaanval dood.
• Hy het baie omgegee vir sy gemeenskap.
• Hy is vrygewig.
• Hy het ʼn goeie sin vir humor.
• Hy is wys.
• Hy was nederig.
• Hy was georganiseerd.
• Hy wou eers seker maak sy erfgename is op die
regte plek om die geld te ontvang, daarom betaal
hy vir Gideon om te sorg dat sy voorwaardes
nagekom word
Oom Josef se voorman.
• Hy het groen vingers.
• Mieta se man.
• Ongeveerd 60 jaar oud.
• Goeie sin vir humor.
• Opreg
• Fluks
• Trots
• Betroubaar
• Eerlik
• Nederig
• Goeie mens
Sy was Oom Josef se huishoudster.
• Sy het saam met Oom Josef se oorlede vrou, tant
Raaitjie, gebak en vrugte ingelê.
• Jantjie se vrou.
• Ongeveerd 55 jaar oud.
• Nederig
• Opreg
• Dankbaar.
• Diplomaties
• Hulpvaardig
Hy is 25 jaar oud.
• Hy is Zenobia se kêrel.
• Hy is laf.
• Hy is aantreklik.
• Hy sê vir Zenobia (oorvertelling)
dat hy nog altyd met ʼn ryk vrou
wou trou.
1. Vir drie maande mag
hulle niks uit die huis
verwyder of verkoop
nie.
2. Hulle moet naweke op
die plaas gaan bly.
3.Hulle moet die
uitgewerkte
skoonmaak rooster
volg.
4.Hulle moet die
vrugtebome en werf
versorg.
5.Zenobia moet elke
dag met die ou Willis
bakkie werk toe ry
en hom oor naweke
self was.
6. Katinka moet steeds
elke week vir die
ouetehuis beskuit
bak.
7.Gideon moet elke
Maandag inspeksie kom
hou
8.Eerikheid.
9.Indien hulle nie die
voorwaardes na kom nie
sal die geld aan die
gemeenskapsorganisasie
gegee word.
1.Jy moet hard
werk vir dit wat
jy wil hê.
Jy moet jou
besittings op
pas.
2.Geld en materiële
goed is nie alles nie.
3.Jy moet doen wat
van jou verwag word,
eers dan sal jy
suksesvol wees.
Zenobia mag vir 3 maande lank net met
Gideon uitgaan.
Sy moet ook haar kinders die volgende noem:
DOGTER – Maria (noemnaam Raaitjie)
SEUN- Jose
ʼn Tema is die sentrale idee van die drama.
• Nalatenskappe wat op verskeie vlakke van
die lewe geërf kan word.
• Misplaaste lewenswaardes kan tot verkeerde
lewenskeuses, oppervlakkige,
verbrokkelende en tragiese verhoudinge lei
Wat die skrywer aan die leser wil oordra.
• Geld kan enige mens se lewens verwoes.
• Misplaaste materialisme of oordrewe
suinigheid is die gevolg van verkeerde
keuses.
• As mense nie eerbaar kan wees met kleiner
bedra geld nie, sal hulle ook nie met groot
bedra kan werk nie.
Die stad, die plaas en Gideon Hansen se kantoor
INLEIDING:
In die drama “Die Testament” deur Rhona Peens is karakterbeelding en die uiteindelike karakterverandering van die Rousseau-gesin ‘n uitvloeisel van oom Josef se bedoeling met die erfporsie in sy testament.
LIGGAAM:
Herman, die hoofkarakter, word aanvanklik as ‘n jansalie, ‘n materialis en ‘n oppertunis openbaar. Deur op perde te wed, trek hy voordeel uit omstandighede sonder enige inspanning. Hy hoop om vinnig geld te maak omdat dit finansieel nie goed gaan nie. Hy sê: ”Ek hoop nie dit is die bankbestuurder nie.”
Katinka, newekarakter en Herman se vrou, is onvergenoegd, maar is tog spaarsamig. Sy is verontwaardig oor Herman se weddery en maak self vir Zenobia ‘n rok vir haar jaareindfunksie. Katinka reageer onaangeraak op oom Josef se dood. Sy erken hulle het nie gereeld vir oom Josef gaan kuier nie, al was hulle sy enigste oorblywende familielede.
Hul dogter, Zenobia, newekarakter, openbaar gevoelloosheid oor sy dood omdat hy “stokoud” was. Sy is materialisties en wonder of hulle van oom Josef gaan erf. Sy reageer geskok en neerhalend omdat sy oom Josef se 1945 Willis-bakkie, Fielies, geërf het.
Die Rousseau-gesin moes oom Josef se nege voorwaardes nakom voordat hulle die volle erfporsie kon ontvang. Eerlikheid was die belangrikste voorwaarde. Hulle reageer neerhalend oor die voorwaardes met . . . “hy was maar lekker suinig; oom Josef was nie so slim nie; die ou man was nie lekker nie; hy was seniel en sy skaapkopeters was kannibale . . .”
Karakterverandering word by Herman-hulle aangehelp deur betrokkenheid op die plaas, soos “. . . dis asof my kop nie meer by ons huis (in die stad) is nie . . .” newekarakters se positiewe woorde soos “. . . Dierbare oom Josef; onse vriend; oom Josef was ‘n baie geliefde persoon . . .” asook deur Jans se brief aan oom Josef. Jans en Zelmarie se dood is veroorsaak deur verkeerde besluite oor geld. Herman-hulle het besef dat hulle nie moeite gedoen het om oom Josef in sy persoonlike krisis by te staan nie. Herman sê: “. . . ek het hopeloos te min respek vir oom Josef gehad “ . . . Katinka besef dat ‘n mens trots kan wees op enige vorm van erfporsie, hoe klein ook al.
SLOT:
Die karakterbeelding slaag daarin om te oortuig dat die “afwesige karakter” se bedoelinge met sy testament die karakterverandering tot gevolg het.
INLEIDING:
“Die Testament” deur Rhona Peens is ‘n radiodrama en ‘n eenberyf met eiesoortige kenmerke.
LIGGAAM:
Die radiodrama is ‘n eenrigtingmedium, anders as die twee- en driedimensionele televisie- en verhoogdrama. Die radiodrama steun net op die luisteraar se gehoorsintuig. In “Die Testament” dra die karakters die dialoog en die byklanke die intrige. Herman vertel vir Katinka en Zenobia dat sy oom Josef oorlede is. Daarna word hulle handeling, as drama-element, ook deur die dialoog gesuggereer. Herman sê almal moet die volgende dag na Gideon Hansen, oom Josef se prokureur, se kantoor gaan. Die testament sal voorgelees word. Handeling word ook deur die ouditiewe gebruik van rekwisiete gesuggereer. In die openingstoneel blaai Herman deur die koerant en knipgeluide word van Katinka se skêr gehoor.
Stemming word op verskeie maniere geskep. Musiek is ‘n belangrike stemmingselement. Die openings- en slottonele word met vrolike, komiese musiek afgerond. Dit suggereer dat die dramastuk lif en komies is. Die orrelmusiek skep weer ‘n gewyde stemming. Dit word tussen die handelingseenhede voor en na afloop van oom Josef se begrafnis gespeel.
Die indoof en uitdoof van byklanke skep tyd- en ruimtespronge en aktiveer ‘n visuele voorstelling in die luisteraar se geestesoog. Herman en Katinka beweeg onderskeidelik tussen die plaaskombuis, die beeskraal en Gideon Hansen se dorpskantoor – met tipiese ruimtelike klanke. Die luisteraar moet, as aktiewe medeskepper, hierdie ruimtes visualiseer.
Die radiodrama het soos enige ander drama ‘n hoofteks met dialoog en ‘n neweteks of toneelaanwysings. Die neweteks word kursief gedruk. Die regisseur en spelers tree volgens die aanwysings daarin op. Herman moet as ‘n jansalie uitgebeeld word, katinka as ‘n onvergenoegde vrou en Zenobia is parmantig en ongevoelig.
As eenbedryf het dié radiodrama een hooftema in die spanningslyn. Die tema word afgelei van hoof- en mewekarakters se reaksie op die lees en nakom van oom Josef Rousseau se testament. Oom Josef het nege voorwaardes aan sy erfgename gestel voordat sy groot erfporsie uitbetaal sou word.
Hieruit kan ons aflei dat groot erfporsies positiewe en negatiewe reaksies by erfgename mag ontlok. Misplaaste lewenswaardes kan tot verkeerde lewenskeuses, oppervlakkige, verbrokkelde en selfs tragiese verhoudinge lei. Oom Josef het seskryf: “. . . Geld kan ‘n mens se lewe verwoes. Dit onder andere . . . het Jans en Zelmarie van hulle lewens beroof.
SLOT:
Binne die raamwerk van hierdie radiodrama as eenbedryf word die tema van ‘n strewe na positiewe lewenswaardes geslaagd uitgebeeld.
INLEIDING:
In “Die Testament” deur Rhona Peens gee die intrige aanleiding tot die innerlike bou van die dramatiese struktuur.
LIGGAAM:
In die uiteensetting (ook eksposisie) word die situasie/moontlike botsing (konflik) bekendgestel, asook die karakters wat by die situasie betrokke is en die ruimte en tyd waarbinne die handeling sal plaasvind. Oom Josef Rousseau is oorlede en sy testament (situasie) word aan sy familielede, Herman, Katinka en Zenobia, hulle dogter, voorgelees. Die familie erf oom Josef se plaas en hulle bly tans nog in die stad (ruimte). Die drama speel in die hede (tyd) af.
Die motoriese moment volg na die uiteensetting en sit die handelinge aan die gang. Die lees van die testament aktiveer die motoriese moment en die verdere intrige in die drama. Hierna sal die spanningslyn oor die inhoud van die testament verhoog en ontwikkel.
Tydens die ontwikkelingsfase volg na die motoriese moment en word die handeling verder gevoer. Die situasie word meer gekompliseerd, botsing tussen die opponerende partye is onafwendbaar en die spanning neem toe. Die situasie oor die voorwaardes in die testament word uitgespel en die spanning oor die uitvoerbaarheid daarvan deur die Rousseau-gesin neem toe.
Die stygende spanning lei dan tot die krisisfase as gevolg van die konflik.
In die klimaks of hoogtepunt bereik die botsings ‘n breekpunt. ‘n Oorwinning (ommekeer of wending) word behaal of ‘n bepalende keuse word gemaak.
In die ontknoping neem die drama ‘n wending na die een of ander kant toe. ‘n Duidelike afname in die spanning is waarneembaar.
In die UITEENSETTING (ook eksposisie) word die dialoog en handeling gebruik om die volgende aspekte uit te beeld:
*die Situasie/moontlike Botsing (konflik) wat tot die span- ningslyn lei
*die Karakters word bekend gestel wat binne bepaalde verhou- dinge by die situasie betrokke is
*die Ruimte En Tyd waarbinne die handeling sal plaasvind.
*Die Motoriese Moment volg na die uiteensetting (eksposisie) en dui op dié gebeurtenis wat die verdere handelinge aan die gang sit (aktiveer), die spanningslyn verhoog daarna en dit staan as die ontwikkelingsfase bekend.
*Tydens die Ontwikkelingfase word die handeling verder gevoer.
*Die situasie word meer Gekompliseerd, botsing tussen die opponerende partye is onafwendbaar en die spanning neem toe.
*Die Stygende Spanningslyn wat hewiger word, lei tot die onvermydelike krisisfase as gevolg van konflik.
*In die Klimaks Of Hoogtepunt bereik die botsings 'n breekpunt. 'n Oorwinning (ommekeer of wending) word behaal of 'n bepalende keuse word gemaak.
*In die Ontknoping neem die drama 'n wending na die een of ander kant toe. 'n Duidelike afname in die spanning is waarneembaar.
Die Uiterlike Bou verwys na hoe die drama in bedrywe of tonele verdeel is. Hierdie radiodrama word as 'n eenbedryf met hande- lingseenhede aangebied, waarvolgens die storielyn (intrige) verloop.
'n Eenbedryf het normaalweg een hooftema en een spanningslyn wat om 'n bepaalde gebeurtenis of krisismoment sentreer.
In 'n eenbedryf is daar nie ruimte vir uitgebreide karakter- ontwikkeling nie, maar net die openbaring van belangrike karaktereienskappe en karakterverandering. Daar is gewoonlik 'n beperkte aantal karakters en die dialoog is direk afgespits op die gebeure, kompak en gekonsentreerd.
Die motoriese moment volg na die uiteen- setting (eksposisie). Die lees van die testament aktiveer die motoriese moment en die verdere intrige in die drama. Hierna sal die spanningslyn oor die inhoud van die testament verhoog en ontwikkel.
Die Rousseau-gesin kon maar net Sondae (spreekbeurt 40) by oom Josef op die plaas gaan inloer omdat hulle besige mense is, maar hulle is as erfgename benoem.
Terwyl Jantjie en Mieta dit as 'n plesier en voorreg beskou het om vir oom Josef te werk en hulle harte is seer (spreekbeurt 42) omdat hy oorlede is.
Egtheid en geloofwaardigheid word aan oom Josef se karakter en sy bedoeling met sy testament gegee.
Mieta en Jantjie karakteriseer vir oom Josef as 'n dierbare man en iemand wat meer as 'n werkgewer was, maar soos 'n vriend. Hulle het Jans, oom Josef se oorlede seun, se huis geërf met vruggebruik daarop. Hulle sal ook elke dag hulle plig, om vars melk by die opstal te lewer, volhou.
Herman voel ongemaklik oor die plaas van een duisend twee honderd hektaar wat hy geërf het.
Katinka is aangedaan oor die huisinhoud van oom Josef se huis wat sy geërf het.
Zenobia is geskok omdat sy oom Josef se 1945 Willis-bakkie geërf het waarna sy neerhalend verwys het dat die bakkie uit Noag se ark kom.
Zenobia is ongevoelig oor oom Josef se dood omdat hy volgens haar reeds stokoud was.
Die ellips in spreekbeurt 65 skep afwagting by Herman toe Gideon Hansen die volledige bepalings van die testament voorgelees het. Die twee ellipse in spreekbeurt 66 dui op Gideon Hansen se huiwering voordat hy die verdere voorwaardes van oom Josef se testament lees.
Herman ontdek 'n kopie van Shakespeare se Twaalfde Nag en 'n brief wat sy seun, Jans, geskryf het. Hy verduidelik waarom hy sy vrou, Zelmarie, per ongeluk doodgeskiet het. Hy het homself daarna ook doodgeskiet en hy verduidelik aan sy pa dat hy haar wou keer om saam met 'n ander man, Rudolf Marx, weg te loop. Zelmarie het vir Jans van suinigheid beskuldig. Jans het erken dat hy suinig was en niks vir Zelmarie gegun het nie. Hulle geld het 'n probleem tussen hulle geskep en tot verkeerde keuses gelei. (Boodskap)
Ja. Hy het vir Jans en Zelmarie verloor oor hulle verkeerde besluite oor geld en die verwaarlosing van hulle twee se verhouding. (Tema)
Zenobia dui aan dat sy tevrede sal wees met haar erfporsie, naamlik met Fielies (die Willis- bakkie), bo die testamentvoorwaardes om 'n groot kontantbedrag te kan erf.
Herman kom steeds materialisties voor. Hy het sy oog op die moontlike erflating van een-en-twintig miljoen rand wat hulle kan erf indien hulle oom Josef se testamentvoorwaardes nakom.
Katinka kom tot die besef dat die uitdrukking: geld wat stom is, sal nie regmaak wat krom is nie, met ander woorde, swak verhoudinge en swak keuses sal nie deur baie geld reggemaak word nie.
Jantjie en Mieta toon dieselfde liefde vir die plaas as oom Josef en sy vrou. Hulle het dieselfde lewenswaardes van harde werk en dien die mense om hulle. Dit is hierdie lewenswaardes wat oom Josef as voorwaardes stel vir die Rousseau-gesin om sy hele boedel te kan erf.
Die Rousseau-gesin dink hulle het binne die voorwaardes van oom Josef se testament gebly en is daarom geregtig op die kontantbedrag wat hy sou nalaat. Die luisteraar weet reeds dat hulle nie eerlik was oor die R2 000 wat Zenobia in Fielies gevind het en die R5 000 wat Katinka in die buffet gevind het nie. Daarmee is die agtste voorwaarde verbreek, naamlik om oor alles eerlik te wees. Dit verhoog die spanningslyn oor die suksesvolle uitvoering, al dan nie, van die laaste deel van oom Josef se testament.
Indien iemand nie met 'n klein bedraggie geld vertrou kan word nie, is dit ook nie moontlik om hom/haar te vertrou om een-en-twintig miljoen rand reg te bestuur nie. Die beginsel beeld ook die tema in die drama uit.
Katinka sê hulle sal die plaas en hulle huis in die stad verkoop of enigiets doen om vir Zenobia terug te kry. Volgens Herman is ons lewens betekenisloos sonder Zenobia. Die lewenswaarheid wat hulle openbaar, is dat 'n mens se lewe meer waarde as aardse goedere het.